Lost Password?

A password will be emailed to you. You will be able to change your password and other profile details once you have logged in.

Logo
Click here to listen in live!
 

SA se eie Justin Bieber op YouTube

microphone

Die videodiens YouTube is deesdae in ons eie Afrikaans beskikbaar en met dié lewer die webblad nou ook plaaslike sangsensasies.

Op ‘n soektog na plaaslike talent het Huisgenootop die 21-jarige Ilze du Plooy afgekom waar sy, nes Justin Bieber en Rebecca Black, haar stem aanlyn laat hoor.

Op haar YouTube-kanaal sing die onderwysstudent van die Noordwes-Universiteit onder andere haar eie weergawes van Straatligkinders se “Kan ek met jou dans?” en Adele se “Someone like you.”

“Ek sing al in kore van Graad 2 af tot in my eerstejaar,” het Du Plooy aan Huisgenoot gesê. “Dit sluit onder andere die Noordwes Kinderkoor, Noordwes Jeugkoor en Nasionale Jeugkoor in, waar ek ook as solis opgetree het.”

“Ek het my eie band waarin ek sing en klavier speel, het sy bygevoeg. “Die band se naam is The Tapping Toes, waarin my broer dromme speel en dan wissel ons af met kitare, baskitare, viole en tjello’s.”

“Ons wil graag meer formele funksies doen in die toekoms.”

Kyk hier na Ilze du Plooy se selfgemaakte videos.

Like this? Share it.

Related Posts

0 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*